read Things we love

Ons Top Afrikaanse Kinderboeke vir Augustus!

Aug 29, 2019
Top-Afrikaanse-kinderboeke

Hierdie jaar het ons ‘n punt daarvan gemaak om meer as ooit te lees. Die voordeel wat voorlees inhou is duidelik sigbaar nou dat ons oudste graad een is. Nie net vir akademiese gewin nie, maar ook om ons kinders voorteberei vir verskeie lewenssituasies wat op hulle wag. Juis daarom deel ons graag hierdie passie met almal en sien ons elke maand daarna uit om ons leeslys te deel. Top Afrikaanse Kinderboeke om te geniet saam met jou kind, nou en nog vir baie jare.

Ons Top Afrikaanse Kinderboeke vir Augustus!

‘n MOET in elke leesrakkie – My Storiekis.

My Storiekis

Outeur: Leon Rousseau
Kategorie: 6-9jaar
ISBN: 9780798172165
Formaat: Sagteband 122 bladsye

Hierdie is ‘n klassieke omnibus van die stories wat ons almal ken. 21 Sprokies, fabels en dierestories saamgestel en oorvertel deur die legendariese Leon Rousseau. Die “oom” agter Storieman en een van die stigters lede van Human & Rousseau Uitgewers.

Elke storie is net lank genoeg vir die aandagspan van ‘n voorskoolse kind soos ons Lia, maar steeds stimulerend genoeg vir ‘n ouer leser ook. Die illutrasies is tradisionele waterverf. Geen helder kleure of groot karakters nie en daar wag altyd ‘n gelukkige einde. Dit maak die boek ‘n ideale slaaptyd keuse.

Wat kan nou lekkerder wees as om elke aand op te krul in mamma of pappa se arms en die dag af te sluit saam met Hennetjie Pen, Doringrosie, Die Paddaprins en meer.

Lia (en Eliana, eintlik al 3 meisies) het Wie’s jy, Mnr SLYM? baie geniet!

Beste-Afrikaanse-Kinderboeke

Outeur: Zanri Kritzinger
Kategorie: Kinder / jeug
ISBN: 9780624085461
Formaat: Sagteband 32 bladsye

In kontras met ons rustige eerste boek keuse, is Mnr. Slym totaal anders. ‘n Opwindende, lekker lees boek met kleurvolle karakters. Dit herhinner amper aan die populere Disney film, Monsters Inc. maar met die mooiste, speelvolle draai…

Mr. Slym is nie ‘n monster nie maar eerder ‘n verbeeldingsmaats, Morné se verbeeldingsmaat. ‘n Seuntjie wat sukkel om vriendskappe te bou. Saam maak Mr. Slym en sy vriende ‘n plan om Morné te help.

Hierdie storie is ideal vir kleuters en jong kinders.

  • Min woorde per bladsy.
  • Kleurvolle illustrasies.
  • ‘n Eenvoudige storie wat handel oor ervaringe wat baie bekend is op hierdie ouderdom. (Voorskool en die grondslagfase).
Daar wag selfs ‘n verrassing vir die leser heel agter in die boek…

Wies-jy-Mnr-Slym

Eliana hou van – Dapper Dawie se Onderstebo week.

Dapper-Dawie-se-Onderstebo-week

Outeur: Carl-Johan Forssén Ehrlin
Kategorie: Kinder / jeug
ISBN: 9780798178198
Formaat: Sagteband 32 bladsye

Nog ‘n boek uit die pen van Carl-Johan Forssén Ehrlin, bekende skrywer van “Die Hasie wat aan die slaap wou raak.” Net soos sy vorige topverkoper is “Dapper Dawie se Onderstebo Week” gefokus op die probleme wat ouers en kinders daagliks ervaar.

Dit is Dawie se eerste week by ‘n nuwe skool. Hy is bekommerd oor wat voorlê by die skool en ook by die huis. Saam met Dawie beweeg ons deur die week en leer ons hoe hy verkeie uitdagings oorkom. Uitdagings wat ons almal verstaan en ook al voorheen teëgekom het.

Die boek wil graag jong lesers help om emosioneel te groei en te leer om verskeie uitdagings te hanteer met behulp van tegnieke wat ons kan aanleer en kweek by ons kinders (en onsself). Ons lees graag elke aand ‘n “ander dag” en gesels dan ook daaroor.

Alhoewel die storie lank is, hou die probleme en gevoelens wat aangespreek word albei Eliana en Lia se aandag. Hulle wil weet wat Dawie gaan doen en deel ook hulle eie idees en ervaringe met ons. Juis hieroor is Dapper Dawie se Onderstebo Week  nog ‘n MOET op die maand se leeslys. Mag ons veraltyd saam as gesin kan sit en ons probleme, bekommernisse en seerkry bespreek en mag die meisies altyd weet ons help graag.

My nommer 1 – Op die Rug van ‘n Tier.

Reading-nook-for-kids

Outeur: Dianne Hofmeyr
Kategorie: Kinder / jeug
ISBN: 9780624086390
Formaat: Sagteband 32 bladsye

Ook beskikbaar in Engels, Tiger Walk. Hierdie is een van die heel mooiste kinderboeke, veral vir mede kuns liefhebbers. Die storie is geinspireer deur die bekende Henri Rousseau kunswerk; Tiger in a Tropical Storm (Surprised!)

Tom besoek ‘n kunsgalery en is gefassineer deur die tier in die kunswerk wat hy sien. Terug by die huis teken Tom die tier en daardie aand word die tier wakker…

Dit klink dalk vreesaanjaend maar eintlik is die boek presies die teenoorgestelde. Tom en die tier gaan op ‘n wonderlikste avontuur en saam leer Tom om te laat gaan van al sy vrese – universele vrese waarby jong lesers maklik aanklank vind.

Die meisies is mal oor die pragtige tier in hierdie verhaal en ons lees dit graag oor en oor. Die kleurpotlood illustrasies is ook ‘n groot trekpleister en ek vang Eliana en Lia gereeld besig om verskeie bladsy te probeer kopieer.

‘n Perfekte kombinasie van woord- en visuele kuns.

Tiger-Walk

Al hierdie boeke is beskikbaar by jou naaste boekwinkel, asook aanlyn by Takealot.com.

Disclosure: NB Uitgewers send us books to review. 
I am not paid to do so and only share books we love and recommend. All opinions are my own.

Top Afrikaanse Kinderboeke

For more BOOKS WE LOVE (in English and Afrikaans) click here.

My friend Megan, from Momma like Me also did a fun post on English books they’ve been enjoying recently. Be sure to check it out too!

PHOTO CREDIT | Anje-Ilana van Dalen from Madison & West Lifestyle Division.

You Might Also Like

No Comments

Leave a Reply

Share39
Pin1
Tweet