read Things we love

Early reader books: Die Stoffel storie reeks

Jun 9, 2019
Early-Reader-books-Stoffel-Stanley- -3

Translated from the original Stanley series by William Bee. The Stoffel series chronicles the adventures of Stoffel – an adorable little guinea pig with a can do attitude. Stoffel could be spending the day on the farm, helping at school or building a home for Miss Mouse. Yet everyday ends the same… With tea time, bath time and bedtime. Because the early reader books we read were in Afrikaans, I will be writing the review in Afrikaans too. So, if you are English, simply scroll to the bottom for our final thoughts on the series.

Early-Reader-books-Stoffel-Stanley- -12

Wat het ons van gehou?

Die kleurvolle, eenvoudige illutrasies is nie net mooi nie maar duidelik en glad nie oorweldigend nie. Ons kroos kon almal “self lees” en het geweet wat op elke bladsy gebeur. Ons jongste, Ava (23 maande) was veral betower deur die helder kleure en vrolike diere maats.

Saam met die groot font en eenvoudige teks was Eliana (ons Graad 1), opgewonde om hierdie reeks aan te durf. Die eenvoudige storielyn het haar gehelp om sin te maak van nuwe onbekende woorde en dit is eintlik nog ‘n rede waarom ons hou van die Stoffel reeks… Jong lesers kan die sigwoorde self lees maar word ter selfde tyd uitgedaag en blootgestelling aan ‘n ryk woordeskat en teen volgende jaar, die tyd, lees Eliana hierdie boekies vlot.

Die temas, onderliggende waardes en “kan-doen” ingesteldheid van Stoffel maak dat kinders met die reeks identifiseer en sommer baie lief word vir Stoffel. Ons meisies was opgewonde om te sien wat se avontuur op Stoffel wag met elke boek.

Die voorspelbare einde wat altyd herhaal “Teetyd! Badtyd! En slaaptyd! Goeienag, Stoffel.” gee aan elke storie ‘n gelukkige einde en los die jong lesers tevrede en self reg om in te kruip. Daarom beveel ons Stoffel ook aan as ‘n wonderlike slaaptyd reeks vir peuters en kleuters. Selfs klein Ava verstaan dat Stoffel se dag verby is, net soos haar eie, en ons almal moet nou gaan slaap.

Early-Reader-books-Stoffel-Stanley- -7

Moontlike verbeteringe:

Hierdie boek is regtig ideal vir jong lesers en al ons dogtertjies het dit vreeslik geniet so, dit was moeilik om fout te vind. Eliana het wel gesukkel om die letter “a” te identifiseer as gevolg van die font wat gebruik is maar het vinning gewoont geraak daaraan.

Titels beskikbaar:

Stoffel se Skool

Dis ‘n skooldag en daar is baie om te doen! Die kinders gaan na stories luister, leer tuinmaak, skilder en middagete geniet – alles op een dag! 

Stoffel-se-skool
Author: William Bee
Category: Children & Youth
ISBN: 9780798177931
Format: Soft cover, 32pp

Stoffel se Garage

Stoffel moet al weer iemand met ‘n kar help. Sal hy al die karre wat stukkend is kan regmaak? 

STOFFEL-SE-GARAGE
Author: William Bee
Category: Children & Youth
ISBN: 9780798177948
Format: Soft cover, 32pp

Stoffel die Bouer

Stoffel werk vandag hard. Hy bou vir sy vriendin ‘n nuwe huis. Roffel help hom, want daar is so baie om te doen! 

STOFFEL-DIE-BOUER
Author: William Bee 
Category: Children & Youth
ISBN: 9780798177955
Format: Soft cover, 32pp

Stoffel die Boer

Stoffel moet saad op sy plaas saai, maar sal dit groei? Freek en Frikkie gaan hom help! 

Stoffel-die-boer
Author: William Bee 
Category: Children & Youth
ISBN: 9780798177924
Format: Soft cover, 32pp

Early-Reader-books-Stoffel-Stanley- -22

Would we recommend these Early Reader Books?

Yes. The stories are easy to follow and give insight into topics that most young kids are already interested in. Paired with adorable illustrations, familiar characters that make regular appearances and an endearing friend in Stoffel, these are sure to be a firm favourite.

I would definitely add Stoffel to your home library.

Early-Reader-books-Stoffel-Stanley- -18

Publishers: Human & Rousseau
Price (incl. VAT): R 120.00 – Available at leading bookstores in South Africa as well as Takealot.com

The Stoffel series is also available in English. Simply look for Stanley.

Stanley-the-Mouse-childrens-book

Disclosure: NB Uitgewers sent us these early reader books to review.
I was not paid to do this. All opinions are my own.

Stanley-the-guinea-pig-

For more BOOKS WE LOVE click here. Also please tell us what you though of our review… Would you like to see more of these? Any books in particular you struggle to find? Maybe you would like more Afrikaans suggestions? Be sure to leave a comment below and also share this post with other parent – it’s so easy, simply click on the social share buttons at the bottom – you can even send a WhatsApp link to Ouma – books are always the best way to spoil the grandkids.

PHOTO CREDIT | Anje-Ilana van Dalen from Madison & West Lifestyle Division.

You Might Also Like

1 Comment

  • Reply Mariaan Smith Jun 10, 2019 at 6:16 am

    Absolutely in Love with your Blog,i became a Grandma for the very fist time of a Beautiful baby boy who will be turning 1j old in July,i am Entering for my Son who is the most Wonderful Dad ,he is a hands-on Daddy and my heart Melts when i see him with his BmSon,bring back so much Memories, we are Smitten over our Grandson Ayrton,who came and brought so much joy and Live and Laughi into our Lifes😍😍😍😍😍

  • Leave a Reply